Krieket: Gróót geld gaan hom nie verander, sê Proteas se BrevisSeptember 18, 2025

Die Protea-kolwer Dewald Brevis sê die reuse-koopprys wat hy in die SA20 losgeslaan het, gaan hom nie verander nie en hy gaan steeds op die veld om homself te geniet. Pretoria Capitals het die 22-jarige gekoop vir ‘n allemintige 16,5 miljoen rand gedurende verlede week se spelersveiling nadat hy die eerste drie seisoene vir die verdedigende kampioen, M-I Cape Town, gespeel het. Brevis, wat in Gauteng grootgeword het, beskryf sy tyd in Kaapstad as baie spesiaal, maar is opgewonde om na sy tuisstad terug te keer.