Laer rente in SA eers later vanjaar verwagSeptember 18, 2025

Die hoof-ekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, verwag dat die Reserwebank se monetêre beleidskomitee nie vandag die rentekoers gaan verander nie. Roodt sê al het die inflasiekoers ietwat verbeter van 3,5 persent in Julie na 3,3 persent verlede maand, sal die goewerneur van die sentrale bank, Lesetja Kganyago, waarskynlik ‘n verdere verlaging tot November vertraag. Die terugkoopkoers is tans sewe persent en handelsbanke se prima-uitleenkoers 10,5 persent. Die komitee het die koers in Julie met 25 basispunte gesny.