Tennis: Oekraïne skitter in Billie Jean King-bekerSeptember 18, 2025
Oekraïne, wat vir die eerste keer deelneem aan die Billie Jean King-beker-vrouekompetisie, is deur na die halfeindronde ná ‘n oorwinning oor Spanje in China. Marta Kostuyk en Elina Svitolina het met Jessica Bouzas Maneiro en Paula Badosa afgereken. Oekraïne speel volgende teen die verdedigende kampioen, Italië, nadat Elisabetta Cocciaretto en Jasmine Paolini hard moes werk om die gasvroue uit te skakel. Kazakstan speel vandag in die kwarteindronde teen Amerika en Japan teen Groot-Brittanje. Die halfeindstryde word môre en Saterdag gespeel en die eindstryd Sondag.