Vroue in hospitaal ná seekoei-aanvalSeptember 18, 2025

Twee vroue is in die hospitaal op Rundu ná hulle Dinsdagmiddag deur ‘n seekoei naby ‘n nedersetting in Kavango-Oos aangeval is. Volgens die polisie was die vroue deel van ‘n groep van ses wat hul wasgoed in die rivier wou was. Hulle het daarna besluit om in die rivier af te koel. Die seekoei het uit die bloute verskyn en die twee vroue kon nie betyds wegkom nie. Die ander het ongedeërd daarvan afgekom.