Maak reg vir skitter-rugby in JSB-liga eindstrydeSeptember 19, 2025
Die tafel is gedek vir uithaler-rugby môre wanneer die JSB-liga se kampioene beslis sal word. In die JSB Gold Cup-eindstryd takel Wanderers vir Grootfontein in die Hage Geingob-stadion in die hoofstad. Albei spanne het vier van hul vyf groepwedstryde gewen, met Grootfontein wat bo-aan die punteleer geëindig het met 25 punte teenoor Wanderers se 23, nadat hulle meer bonuspunte versamel het. In die JSB Gold Cup-reserwefinaal is dit Wanderers 2 teen Kudus 2, en in die JSB Gold Cup-vrouefinaal Wanderers teen Unam. Die eindstryd van die JSB Silver Cup-premierliga word tussen Dolphins en Reho Falcon betwis, terwyl die uitslag van die JSB Silver Cup-reserweliga tussen Dolphins 2 en Reho Falcon 2 uitgespook sal word.