Otjikoto spoeg goud vir die valeSeptember 19, 2025
B2Gold verwag sy Otjikoto-myn sal vanjaar tussen 185 000 en 205 000 onse goud lewer, heelwat meer as wat vroeër geskat is. Otjikoto nader die staak van sy oopgroef-bedrywighede, maar B2Gold het besluit om die Antelope-neerslag ondergronds te ontwikkel. Dit kan Otjikoto se goudproduksie met sowat 110 000 onse per jaar verhoog. Die kapitale koste om Antelope te ontwikkel, beloop meer as 1,8 miljard Namibiese dollar, waarvan die meeste in 2026 en 2027 bestee sal word.