Twee vas ná hulle glo probeer stroopSeptember 19, 2025

Twee mans – een van Windhoek en die ander uit die Okahandja-distrik – is vasgetrek ná hulle probeer het om in Etosha in te sluip, vermoedelik om renosters te stroop. Volgens die polisie het die verdagtes ‘n jaggeweer met ‘n teleskoop en knaldemper, ammunisie en messe in hul besit gehad. Hulle kon nie ‘n redelike verduideliking gee hoekom hulle die wapens gehad het nie. Klagte van sameswering om beskermde wild te jag, asook die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie word ondersoek.