Atletiek: Jo-Ané du Plessis in eindronde vir spiesgooi in TokioSeptember 20, 2025

Suid-Afrika se Olimpiese silwermedaljewenner Jo-Ané du Plessis het Vrydag gesukkel om haar ritme te vind in die kwalifiserende ronde van die vroue-spiesgooi by die wêreldkampioenskap in Tokio, maar sy het genoeg gedoen om ‘n plek in vandag se eindronde te verseker. Die 27-jarige het ‘n beste van 61,38 meter gegooi – heelwat minder as die outomatiese kwalifiserende afstand van 62,50 – wat haar vyfde in haar groep en 10de algeheel laat eindig het.