Atletiek: SA se Dambile 8ste in blitsige 200 mSeptember 20, 2025

Sinesipho Dambile moes Vrydag met die agtste plek tevrede wees in ‘n blitsige 200-meter-eindronde by die wêreldkampioenskap in Tokio. Die Amerikaner Noah Lyles het gewen in 19,52 sekondes. Lyles het die oorwinning oor die laaste 10 meter beklink vir sy vierde agtereenvolgende wêreldkroon in die 200 meter. Hy is gevolg deur sy landgenoot Kenneth Bednarek en die Jamaikaan Bryan Levell, wat albei persoonlike beste tye behaal het. Die Olimpiese kampioen Letsile Tebogo van Botswana het vierde geëindig. Dambile, wat ‘n persoonlike beste van 19,97 in sy halfeindronde behaal het, het die wenstreep in 20,23 sekondes oorgesteek.