Baie Namibiërs verloor steeds werkSeptember 20, 2025

Sowat 30 persent van Namibiese huishoudings wat die afgelope kwartaal aan ‘n opname van TransUnion deelgeneem het, het werksverliese beleef – vyf persentasiepunte meer as dieselfde kwartaal in 2024. Bykomend, het 17% aangedui hul besigheid moes sluit of het bestellings verloor. Sestien persent het gesê hul lone of salarisse is verlaag.