Ndama kry skool ná herrie op sosiale media, NVSeptember 20, 2025
‘n Staatskool met 25 klaskamers gaan by Ndama in Kavango-Oos gebou word, ná kinders wat onder bome moet skoolgaan ‘n herrie op sosiale media ontketen en selfs in die parlement gaan draai het. Eerste minister Elijah Ngurare en onderwysminister Sanet Steenkamp het Ndama Vrydag besoek met die nuus dat bouwerk aan die skool teen Januarie volgende jaar sal begin. ‘n Administrasieblok, ablusiegeriewe, waterpype vanaf ‘n boorgat en ‘n toegangspad is ook deel van die projek. As tussentydse maatreël gaan die regering tente verskaf in die leerders kan skoolgaan.