Palestina aanlyn by VN-vergadering in New YorkSeptember 20, 2025

Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het Vrydag oorweldigend besluit dat president Mahmoud Abbas van Palestina wêreldleiers volgende week via video mag toespreek. Dit volg ná Amerika geweier het om ‘n visum vir sy reis na New York goed te keur. Die VN het ook toestemming verleen dat Abbas en ander Palestynse hoëlui per video aan ander vergaderings en konferensies tydens die Algemene Vergadering se jaarlikse saamtrek mag deelneem.