Trump sê TikTok-kwessie opgelos, Beijing bly vaagSeptember 20, 2025

Amerika se president Donald Trump het Vrydag gesê hy het ‘n ooreenkoms met sy Chinese eweknie Xi Jinping bereik oor die verkoop van TikTok-bedrywighede in die VSA aan plaaslike beleggers. China wou egter nie Trump se aankondiging bevestig nie en het bloot gesê Xi verwelkom TikTok-onderhandelinge. Trump het later die dag met die media gepraat:

Intussen het ‘n Amerikaanse distriksregter Vrydag Trump se lastersaak van 15 miljard Amerikaanse dollar teen die New York Times uitgegooi. Trump wou die koerant dagvaar oor ‘n berig oor beweerde notas wat hy aan Jeffrey Epstein gestuur het.