Atletiek: Du Plessis se spies eindig vierde in TokioSeptember 21, 2025

Jo-Ane du Plessis het die beste vertoning deur die Suid-Afrikaanse span tot dusver by die Wêreldatletiekkampioenskap gelewer en Saterdag vierde geëindig in die vroue-spiesgooi in Tokio, Japan. Op die voorlaaste dag van die byeenkoms het Du Plessis se spies op 63,06 meter geland met haar tweede ronde-poging.