Brittanje erken Palenstynse staat vandagSeptember 21, 2025
Die Britse eerste minister, sir Keir Starmer, sal na verwagting later vandag in ‘n verklaring Brittanje se erkenning van ‘n Palestynse staat aankondig. Starmer het in Julie gesê dat die land sy standpunt in September sal verander tensy Israel aan voorwaardes voldoen, insluitend die instemming tot ‘n skietstilstand in Gaza en die verbintenis tot ‘n langtermyn volhoubare vredesooreenkoms wat ‘n tweestaatoplossing bied. Die stap het hewige kritiek van die Israelse regering, gyselaarsgesinne en sommige konserwatiewes ontlok. Die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, het vroeër gesê so ‘n stap “beloon terreur”.