EU oorweeg nuwe sanksies teen RuslandSeptember 21, 2025

Die Europese Kommissie het ‘n nuwe sanksiespakket teen Rusland voorgestel. Dit is die 19de pakket sedert die volskaalse-aanval op Oekraïne in 2022. Al 27 die lidlande van die EU moet die plan goedkeur. EU-bronne het aan Reuters gesê die kommissie sal ‘n verbod voorstel op die invoere van Russiese vloeibare gas vanaf 1 Januarie 2027. Dit volg na onlangse uitsprake deur die Amerikaanse president, Donald Trump, wat NAVO-lande aanmoedig om nie olie by Rusland te koop nie ten einde die oorlog teen Oekraïne te  beëindig. Trump het vroeër vandeesweek by ‘n mediakonferensie gesê as die olieprys daal, sal “Putin die oorlog laat vaar”.