Iran dreig VN se kernwaghondSeptember 21, 2025
Iran se vernaamste veiligheidsliggaam het gewaarsku dat alle samewerking met die Verenigde Nasies se kernwaghond opgeskort sal word indien Frankryk, Duitsland en Brittanje weer internasionale sankies teen die land laat instel. Met verwysing na aanvalle op kernfasiliteite in Iran, het president Masoud Pezeshkian gesê wetenskaplikes en kundiges sal dit herbou.