Lewenskoste, werk hou Namibiërs snags wakkerSeptember 21, 2025

Inflasie, werksekuriteit en huispryse gee Namibiese verbruikers die grootste hoofbrekens, toon TransUnion se Consumer Pulse Study vir die tweede kwartaal. Sowat 75 persent van verbruikers beskou die prysmonster as hul grootste finansiële vyand, terwyl 64 persent sê huislenings en huur is hul grootste bekommernis. Meer as die helfte het slapelose nagte oor hul werk.