Rugby: Grootfontein vat JSB Gouebeker huis toeSeptember 21, 2025
Grootfontein se rugbyspan het sy bekerdroogte gebreek deur Wanderers Saterdag in die eindstryd van die JSB Gouebeker vir premierligaspanne met 37-32 in Windhoek se Hage Geingob-stadion te klop. Die rustydtelling was 20-10 in Grootfontein se guns. Wanderers se terugvegpoging is deur onnodige foute gekelder. Die Windhoekers se 22 punte in die tweede helfte teen Grootfontein se 17, was nie genoeg om ‘n agterstand uit te wis wat in ‘n stadium op 17 punte gestaan het nie. ‘n Dominante skrum, harde werk in die losspel, taai verdediging en wanneer dit nodig was spoed in die agterlyn, was die deurslag vir die span uit die noorde.