Ambulans tref perd naby AusSeptember 22, 2025
‘n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek ná ‘n ambulans Vrydagaand sowat 30 km van Aus ‘n perd in die pad getref het. Die bestuurder het beheer oor die ambulans verloor en dit gerol. Die ambulans was met ‘n pasiënt na Windhoek onderweg. Buiten die bestuurder en die pasiënt, was daar ook ‘n verpleegster en ‘n familielid in die ambulans. Die bestuurder en verpleegster het ligte beserings opgedoen.