Diewe teiken weer pensioenarisseSeptember 22, 2025

‘n Pensioenaris van 81 jaar is Vrydagaand in die Omuntele-area na bewering deur twee mans in hul twintigs van 2 500 Namibiese dollar in kontant beroof. Die slagoffer was met sy pensioengeld op pad terug huis toe. Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn.