Franse mediareus Canal+ beheer nou MultiChoiceSeptember 22, 2025
Die Franse mediareus, Canal Plus sê hy het effektief beheer oorgeneem van die Suid-Afrikaanse televisie- en stroomdiensmaatskappy, MultiChoice, wat ‘n groep skep wat in amper 70 lande in Afrika, Europa en Asië verteenwoordig word. Die maatskappye het in ‘n gesamentlike verklaring gesê die gekombineerde groep het ‘n werksmag van 17 000 werknemers en bedien meer as 40-miljoen intekenaars. Canal Plus, wat reeds die sektor se leier in Frans-sprekende Afrika-lande is, beheer nou, wat dit beskryf as die leier in die vasteland se Engels- en Portugeessprekende streke.