Hordes tenders deur onderwys sedert MaartSeptember 22, 2025
Die onderwysministerie het sedert sy naamverandering in Maart 182 tenders uitgesit met 42 van die wat vir spyseniering vir werkswinkels, vergaderings en kantore bedoel is. Die Tender Bulletin berig dat die groter meerderheid op uiters kort kennisgewing uitgesit is of, uitgesit is na die geleentheid reeds begin het. Sommige tenders bied net twee tot drie dae voor hulle sluit. Hoeveelhede is ook gereeld verkeerd met die hoeveelheid afgevaardigdes en die getal dae wat die byeenkoms plaasvind.