Oliepryse styg effe – geopolitieke spanning die oorsaakSeptember 22, 2025

Oliepryse het vanoggend gestyg, ondersteun deur geopolitieke spanning in Europa en die Midde-Ooste, hoewel die vooruitsig van meer olievoorraad en kommer oor die impak van handelstariewe op die wêreldwye brandstofvraag die styging beperk het. Die kommoditeit het met 0,6 persent opgegaan na net bo 67 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die indringing van Pole en Estland se lugruim deur Russiese vegvliegtuie en die erkenning van ‘n Palestynse staat dra by tot senuagtigheid in die mark.