Staan saam teen selfmoord, GBV: visepresidentSeptember 22, 2025
Visepresident Lucia Witbooi het ‘n beroep gedoen op dringende optrede teen geslagsgeweld en selfmoord in die land. Sy het vanoggend tydens die 8ste sitting van die Landelike Vroueparlement met Mans as Vennote in Windhoek mans en vroue aangespoor om saam te staan om skadelike kulturele norme te verbreek en respek en gelykheid te bevorder.