Damme: Meer as 5,3 miljoen kubiek in een week benutSeptember 23, 2025

Net meer as 5,3 miljoen kubieke meter water is in die afgelope week uit die land se damme gepomp. Tans is bronne in die sentrale gebied op 71,8 persent en na oordragte van Omatako is Von Bach op 93 persent. In die Suide is amper 1,8 miljoen kubiek uit Hardap benut met die dam tans op 64 persent. Net meer as 728 000 kubiek is uit Neckartal gepomp vir boere onder die damwal. Naute het 639 000 kubiek verloor en Oanob by Rehoboth staan tans op 69 persent. Bronne vir die Ooste vertoon steeds swak op net minder as 28 persent.