De Klerk sê hy’s ‘n fluitjieblaser September 23, 2025
Die nou berugte Fishrot-regsman Maren de Klerk het deur sy regsverteenwoordigers in die hoofstad, PD Theron and Associates skerp gereageer op onlangse berigte dat hy ‘n voortvlugtige is. In die verklaring sê hy, hy is in wese ‘n fluitjieblaser. De Klerk, wat in Januarie 2020 die land verlaat het kort na hy deur die Teenkorrupsie-kommissie ondervra is, is in 2023 in die Wes-Kaap gearresteer na ‘n lasbrief uitgereik is na ‘n uitleweringsbevel aangevra is. Hy sê hy het hom aan die hof se prosesse gewend tot Junie verlede jaar toe die uitleweringsaansoek teruggetrek is. De Klerk het verskeie betalings deur sy destydse regsfirma, in ‘n lang verklaring aan die kommissie, bekend gemaak.