Erongo-polisie konfiskeer N$77 000 se daggaSeptember 23, 2025

Die Erongo-polisie het laat Maandagaand in Kuisebmond, Walvisbaai groot sukses behaal na ‘n wenk van die gemeenskap oor ‘n Namibiese man wat op groot skaal dwelms verkoop. Die mag het ‘n operasie uitgevoer en beslag gelê op net meer as 1,4 kilogram skunk-dagga en 691 gram majad-dagga, ter waarde van 77 360 Namibiese dollar. Die 29-jarige verdagte sal vandag in die hof op Walvisbaai verskyn.