Film- en kreatiewe stad in pyplyn vir NamibiëSeptember 23, 2025
Die regering het planne aangekondig om ‘n film- en kreatiewe stad te ontwikkel. Die projek sal ontwikkel word as ‘n spesiale ekonomiese sone, wat ‘n omvattende reeks dienste sal bied. Die fokus sal wees op sleutel subsektore, insluitend mode-ontwerp, musiek en uitvoerende kunste, filmvervaardiging, sowel as tegnologie en innovasie. Die woordvoerder van die beleggingsbevorderingsraad, Catherine Shipushu, sê ‘n bod vir belangstellingsbetuiging is amptelik van stapel gestuur aan die kantlyn van die Verenigde Nasies se 80ste Algemene Vergadering.