Lüderitz-burgemeester bedank, ook uit IPCSeptember 23, 2025
Lüderitz se burgemeester, Phil Balhao, het uit die pos bedank asook uit die IPC, om persoonlike redes. Dit is nie duidelik of dit met onmiddelike effek is nie. Balhao sê in ‘n plasing op sy sosiale media dat dit ‘n eer was om die gemeenskap en alle belanghebbendes te dien. Hy voeg by dat hy steeds optimisties is oor die dorp se toekoms, en dat dat hy sal aanhou om vir die gemeenskap te werk deur ander inisiatiewe en geleenthede. Dit is ‘n ontwikkelende storie, en Kosmos 94.1 Nuus sal opdaterings gee sodra beskikbaar.