Namibië se mededingendheid ‘swak’, maar daar’s hoopSeptember 23, 2025
Namibië beklee die 68ste plek uit 69 lande in die 2025 IMD Wêreld Mededingendheid-jaarboek, wat aanhoudende strukturele en ekonomiese uitdagings weerspieël. Namibië is 67ste in ekonomiese prestasie geplaas en het die slegste gevaar in indiensneming, waar dit in die 69ste plek was, met die binnelandse ekonomie in 68ste plek. Internasionale handel en belegging was onderskeidelik in die 58ste en 62ste plek. Die verslag sê egter dat Namibië “relatiewe sterkte getoon het in die bestuur van pryse en is 8ste wêreldwyd in hierdie kategorie.” Belastingbeleid is as sterk uitgelig in die 21ste plek, maar sakewetgewing is swak, in die 63ste plek, asook die institusionele raamwerk, in 58ste plek. Die verslag sê dat Namibië se bestendige BBP-groei en beheerde inflasie ‘n basis vir verbetering bied. Die jaarboek word gepubliseer deur die Internasionale Instituut vir Bestuursontwikkeling in Switserland.