Oshikoto steier onder jeugwerkloosheidSeptember 23, 2025
Jeugwerkloosheid bly ‘n uitdaging en volgens die 2023 sensus, is 63 persent van die jeug in die Oshikoto-streek, tussen die ouderdomme van15 en 35, werkloos. Die streek het net meer as 257 000 inwoners waarvan 71,4 persent jonger as 35 is. Volgens die agentskap is algehele werkloosheid in Oshikoto op 61,1 persent. Die grootste uitdaging is die landelike neiging van die streek met 81,6 persent wat ‘n landelike bestaan maak. Net meer as 24 persent van die inwoners werk in fisiese ongeskoolde arbeid.