Sarah Ferguson is in die sopSeptember 23, 2025
Die Hertogin van York is verwyder as beskermvrou van sewe liefdadigheidsorganisasies ná ‘n e-pos waarin sy die seksoortreder Jeffrey Epstein haar uitsonderlike vriend genoem het. Een van hulle, Julia’s House, wat haar ook verwyder sê Sarah Ferguson, die voormalige vrou van Prins Andrew, sal onvanpas wees vir die rol na aanleiding van die nuus oor die e-pos aan Epstein. Sy het blykbaar om verskoning aan hom gevra na sy haarself in die openbaar van hom gedistansieer het.