Zaamwani prioritiseer Stampriet water bo mynbouSeptember 23, 2025

Die landbouminister Inge Zaamwani sê die beplande in situ-loging van uraan by Leonardville is nog nie deur haar ministerie goedgekeur nie, en verskeie voorsorgmaatreëls word ingestel om te verseker dat die noodsaaklike Stampriet-akwifer eerste beskerm word voordat enige mynbou oorweeg kan word. Sy sê ‘n uiters versigtige benadering, nes die van oudminister Calle Schlettwein, word gevolg met ‘n aantal voorsorgmaatreëls en konsulterende stappe wat geneem om die waterdraer te beskerm terwyl potensiële toekomstige ekonomiese voordele steeds oorweeg word. Dit sluit onafhanklike kundige hersiening, kenner-betrokkenheid, impakstudies, beleidsontwikkeling en openbare betrokkenheid in.