3 500 SA braaiers probeer Guinness-braairekord oortrefSeptember 24, 2025
Nagenoeg 3 500 mense is gereed met hulle roosters op Loftus in Pretoria om op Erfenisdag ‘n Guinness-wêreldrekord te verbeter. Die plan is om Japan se 2023-rekord van 2 220 mense wat gelyktydig braai, te oortref. ‘n Woordvoerder van Guinness World Record Manchester, Glenn Pollard, het aan Newzroom Afrika gesê deelnemers moet die reëls volg en vermorsing vermy. Hy sê Guinness-amptenare, toesighouers en streng reëls sal toesien dat Suid-Afrika se groot braai hopelik geskiedenis maak: