Berugte Engels vir moord in VK gearresteerSeptember 24, 2025
Die 39-jarige Arno Engels, die voormalige eienaar van die omstrede Mount Sinai Herstelsentrum op Usakos, is in Brittanje van moord op ‘n pensionaris aangekla. Volgens die BBC is die 80-jarige Anthony Scarrott op 11 September met ernstige beserings in ‘n huis in Worthing, Wes-Sussex aangetref. Hy is drie dae later in ‘n hospitaal dood. Engels, wat glo nie ‘n vaste adres het nie, is oorspronklik op ‘n klag van aanranding in hegtenis geneem, wat na Scarrott se dood na ‘n moordklag verander is. Engels het verlede week vlugtig in ‘n landdroshof verskyn en sal Vrydag in die Lewes kroonhof teregstaan. Volgens plaaslike berigte is die geloofsgebaseerde Mount Sinai-sentrum in Februarie 2023 deur die Erongo gesondheidsdirektoraat beveel om toe te maak weens klagtes van pasiëntmishandeling.