Malawiese president gee toe hy het verkiesing verloorSeptember 24, 2025

Die Malawiese president Lazarus Chakwera het toegegee dat hy die algemene verkiesing verloor het en aan die nasie gesê hy doen dit uit respek vir hul begeerte vir ‘n regeringsverandering. Voorlopige resultate toon dat sy mededinger, voormalige president Peter Mutharika, sowat 66 persent van die stemme wat teen Dinsdag getel was, ontvang het. Chakwera het 24 persent gekry. Chakwera het bevestig dat hy Dinsdag die howe genader het om te probeer keer dat die uitslae aangekondig word, maar hy aanvaar die uitspraak dat die verkiesingskommissie moet voortgaan en die uitslae aankondig. Hy het alle Malawiërs versoek om vreedsaam te bly, ongeag vir wie hulle gestem het. Die amptelike uitslae word later vandag verwag.