Sankwasa bepleit landelike beleggingsSeptember 24, 2025

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, waarsku dat Namibië se stedelike sentrums onder toenemende druk kom as gevolg van  migrasie en doen ‘n beroep op landelike beleggings om die druk op dorpe en stede te verminder. Hy sê migrasie uit landelike streke, veral onder werklose jongmense, belas infrastruktuur en dienslewering. Met onafhanklikheid het meer as 60 persent van die bevolking in landelike gebiede gewoon, in vergelyking met meer as 50 persent wat nou in stedelike sentrums woon. Hy sê ontwikkeling in landelike gebiede is broodnodig.