Trump vaar uit by die VN, oor die VNSeptember 24, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het in ‘n byna uurlange toespraak in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, in plaas van die aangewese 15 minute, te velde getrek teen die wêreldliggaam, lande wat Palestina as ‘n staat herken en ‘n reeks ander kwessies. Hy het soms aanvegbare stellings gemaak, soos toe hy klimaatsverandering ‘n verneukspul genoem het. Luister self.