Balhao sal organisasie vir Lüderitz-inwoners registreerSeptember 25, 2025

Lüderitz se dorpsraad sal na verwagting volgende stem vir ‘n nuwe burgemeester na Phil Balhao sy bedanking aangekondig het. Volgens die kandidaatlys van die Verkiesingskommissie is Josua Pineas volgende in lyn. Balhao het ook bedank uit sy party die IPC en die party het sy bedanking aanvaar en hom bedank vir sy diens. Daar word beaam dat Balhao ‘n nuwe organisasie, die Lüderitz Ratepayers’ Association gaan stig wat hy sê nie ‘n politieke organisasie is nie maar, inwoners van die kusdorp sal bystaan en wat sal beywer vir dienslewering.