Bibi trek los teen lande wat Palestynse staat erkenSeptember 25, 2025
Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het op pad na die Verenigde State leiers veroordeel wat ‘n Palestynse staat erken. Hy gaan Withuis-gesprekke voer en ‘n toespraak lewer by die VN se Algemene Vergadering. Sy opmerkings volg drie dae nadat Frankryk ‘n spesiale beraad ten tye van die Algemene Vergadering gelei het, waar talle Westerse regerings die Staat Palestina erken het teen die agtergrond van die byna tweejaarlange Gaza-oorlog. Netanyahu sal die Algemene Vergadering Vrydag toespreek.