Die kwessie van miskrame en onwettige aborsiesSeptember 25, 2025

Miskrame maak 40 persent van neonatale noodgevalle by hospitale in die land uit met 2 953 wat in 2024 aangemeld is. Die feit dat meeste van die pasiënte onder 35 jaar oud is, het vrae laat ontstaan oor onwettige of tuisaborsies omdat die ouderdomsgroep normaalweg ‘n laer risiko het vir miskrame. Volgens dr. David Emvula, die hoof van verloskunde en ginekologie in Windhoek, is daar gevalle waar poging tot aborsie bewys is en in 2024, is drie vroue ook as gevolg van die pogings, dood.