Groei neem skerp af in tweede kwartaal: NSASeptember 25, 2025

Nuwe syfers van die Namibiese Statistieke-agentskap toon dat ekonomiese groei in die tweede kwartaal van 2025 tot 1,6 persent verlangsaam het, ‘n skerp afname van 3,3 persent gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. In terme van reële groei het Namibië die swakste kwartaal sedert die begin van 2021 beleef toe die land nog styf in die kloue van ‘n resessie was. Die agentskap se woordvoerder Mirjam Shihepo het meer.

Tegnies gesproke, is drie sektore van die ekonomie tans in reële terme in ‘n resessie – landbou, visserye en vervaardiging. Die goeie reënseisoen dra baie tot landbou en vervaardiging se resessie by. Boere bou weer kuddes, minder diere word mark toe gestuur en minder vleis word verwerk.