Man wat Ingrid Scholtz doodry, kry N$10 000 boete September 25, 2025

Die bestuurder wat fietsryer Ingrid Scholtz op 15 November 2019 op die Westelike Verbypad doodgery het, is met 10 000 Namibiese dollar beboet. Streekshof-landdros Victor Nyazo het die 47-jarige Paulus Kambata skuldig bevind aan roekelose bestuur maar nie strafbare manslag nie en hom daarvoor 8 000 dollar beboet en 2 000 dollar gehef vir die verlaat van die ongelukstoneel. Die 38-jarige Scholtz is getref toe Kambata ‘n voertuig verbygesteek het. Sy het binne die geelstreep gery.