NamPol se Eric Clay word Kunene-bevelvoerderSeptember 25, 2025
Die bekende Eric Clay, wat jare lank die woordvoerder was van die Hardap-polisie is bevorder tot kommissaris en sal vanaf 1 Oktober dien as die bevelvoerder van die Kunene-polisie. NamPol het vandag ‘n verklaring uitgereik. Kommissaris Clay is meer as 30 jaar werksaam by die polisie en volgens die verklaring, het hy ook verskeie opleidingsprogramme gevolg in beide administratiewe en operasionele polisiëring. Hy is ook uiters bevoeg in kriminele ondersoeke en dissiplinêre prosesse.