Staak partytjies in begraafplase, beveel Stad WindhoekSeptember 25, 2025

Die Stad Windhoek veroordeel die misbruik van begraafplase na ‘n ontstellende voorval by die Gammams-begraafplaas in Pionierspark. Rouklaers is afgeneem terwyl hulle ‘n byeenkoms na ‘n begrafnis aanbied, kompleet met stoele, koelbokse en alkohol. Bottels en rommel was ook oor grafte agtergelaat. Die Stad herinner die publiek daaraan dat begraafplase plekke van begrafnis en herdenking is, nie vir partytjies nie. Kommunikasiebeampte Cillie Kapolo het meer.