Britse uitspraak teen Trustco plaaslik bekragtigSeptember 26, 2025

Hoërhofregter Esi Schimming-Chase het ‘n Britse hofuitspraak, wat Trustco dwing om 371 miljoen Namibiese dollar terug te betaal aan ‘n beleggingsmaatskappy van Mauritius, plaaslik bekragtig. Die Britse uitspraak is in Januarie 2021 gelewer ten gunste van Helios Oryx Limited. Helios het gedagvaar en sê Trustco het nie sy verpligting rakende twee ooreenkomste, wat in Desember 2016 en Augustus 2019 onderteken is, nagekom nie. Trustco moet ook Helios se regskostes, ongeveer 2,4 miljoen dollar, betaal.