Indië koop nog vegvliegtuie September 26, 2025
Indië het ‘n 121 miljard Namibiese dollar bestelling vir 97 sy eie plaaslik vervaardigde vegvliegtuie onderteken terwyl hulle lugmag sy Russiese MiG-21 vliegtuie na dekades van gebruik uit diens stel. Die eerste “Tejas” vleigtuie – wat “briljantheid” in Hindi beteken – is in 2016 deur die lugmag in gebruik geneem. Die jongste bestelling is vir die vierde generasie van die vliegtuig. Indië, een van die wêreld se grootste wapeninvoerders, het die modernisering van sy magte ‘n belangrike prioriteit gemaak, en werk daaraan om sy plaaslike wapenvervaardiging te verhoog.