Indonesië se skoolvoedingprogram onder skoot, 1 000 siekSeptember 26, 2025
Meer as 1 000 kinders het hierdie week siek geword as gevolg van gratis skoolmiddagetes in Indonesië. Dit is die jongste in ‘n reeks massa-voedselvergiftigingsgevalle wat verbind word met president Prabowo Subianto se multimiljard-dollar program vir voedsame maaltye. Owerhede vra nou dat die program opgeskort word oor gesondheidskommer. Verlede week het 800 leerders siek geword in die Wes-Java en Sentraal-Sulawesi provinsies. Slagoffers hierdie week het hoender met sojasous en gebraaide tofu geëet en vorige gevalle is veroorsaak deur sous wat reeds verval het en self gebraaide haai.