Olie styg te midde van Rusland se uitdagingsSeptember 26, 2025

Die olieprys het vanoggend gestyg, op koers om teen sy steilste verhoging sedert vroeg in Junie te behaal, na die Oekraïne se aanvalle op Rusland se energie-infrastruktuur Moskou dryf om brandstofuitvoere te beperk en naby daaraan is om ru-olieproduksie te verminder. Olie het op ‘n stadium teen net onder 70 Amerikaanse dollar per vat verhandel maar is tans net onder 69 dollar. Brent het hierdie week met meer as 4 persent gestyg. Die Russiese adjunk-premier, Alexander Novak, sê die land sal ‘n gedeeltelike verbod op dieseluitvoere tot die einde van die jaar instel en ‘n bestaande verbod op petroluitvoere verleng.